Hier is die hoofnuus wat vandag en gister, 18 en 19 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
- Die Parlement het bekend gemaak dat huishoudings, ondernemings en staatsdepartemente altesaam byna R218 miljard aan 69 munisipaliteite skuld.
- Andrea Johnson, hoof van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie, sal Dinsdag voor die Madlanga-kommissie getuig, terwyl sy moontlik geskors kan word en ’n ondersoek na haar geskiktheid om die amp te beklee, in die gesig staar.
- 19 mense het die naweek in motorongelukke in Limpopo en KwaZulu-Natal gesterf.
- Breier Kevin Foote oor Junior Bokke se o. 20- Wêreldkampioenskap-sege oor Frankryk: ‘Ons moes baie druk absorbeer, maar die kern van hierdie span is dat hulle nooit tou opgooi nie. Ons het altyd gevoel dat as ons ons kans kry, ons dit sal benut.’
- Die DA se federale raad vergader in Johannesburg om sy ministers se prestasie in die Regering van Nasionale Eenheid te evalueer.
- Genl.maj. Feroz Khan, geskorste adjunkhoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, se familie kritiseer die polisie en sê sy verskyning voor die Madlanga-kommissie hang van sy herstelpad af.

- Bok-breier Rassie Erasmus bevestig dat daar g’n beserings ná die Wallis-sege is nie én dat Sacha Feinberg-Mngomezulu gereed sal wees vir die kragmeting met Argentinië.
- UFC: Dricus du Plessis kan nie die ‘Nigeriese Nagmerrie’, Kamaru Usman, in 5 rondes stop nie, maar wen die geveg oortuigend in enige kyker se oë én op die puntelys.
- Inwoners van Kliptown en Pimville betoog oor langdurige kragonderbrekings.
- ActionSA gaan die polisie se dissiplinêre proses, wat Wally Rhoode, hoof van die presidentsbeskermingseenheid, in die Phala Phala-skandaal vrygespreek het, in die hof betwis.
- Senior misdaadintelligensie-offisier, kol. Ismail Dawood, sal na verwagting Maandag homself aan die polisie oorgee nadat hy gesoek word in verband met ’n afpersingsaak.
- Betogings teen ongedokumenteerde buitelanders in Jeffreysbaai het in chaos ontaard en 69 mense is in hegtenis geneem ná die plundering van spaza-winkels.

- President Cyril Ramaphosa besoek Hammanskraal om die gebied se watervoorsiening te evalueer.
- Gauteng-polisie het tydens ’n driedaagse operasie wat op ondernemings regoor Johannesburg gemik was, vervalste en gesmokkelde goedere ter waarde van meer as R5 miljoen gekonfiskeer.
- Edgars beplan om sy markaandeel terug te wen met die opening van 50 nuwe winkels.
- Die SAPD sê daar is op onwettige drank ter waarde van sowat R12 miljoen is tydens ’n gesamentlike operasie in Plankenburg, Stellenbosch, beslag gelê.
- Die geskorste adjunkhoof van die EMPD, Julius Mkhwanazi, is deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat in hegtenis geneem as die laaste verdagte in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van R14,9 miljoen by ’n eiendom in Killarney.
Oorsee
- Minstens 53 mense is al gered nadat ’n veerboot met 116 passasiers en bemanningslede oornag aan die kus van Guyana omgeslaan het.
- ’n Veldbrand wat sowat 100 kilometer noord van Madrid woed, het verder versprei, meer as 12 000 hektaar verwoes en honderde mense gedwing om te ontruim.
- Koeweit se weermag sê dit reageer op lugaanvalle wat Sondag deur Iran geloods is, ’n dag nadat die Golfstaat deur aanvalle uit die Islamitiese republiek getref is wat ’n kragstasie en oliefasiliteit beskadig het.
- Wêreldbeker-sokker: Engeland eindig 3rde ná hulle Frankryk met 6 doele teenoor 4 in uitspeelwedstryd klop.
- Kylian Mbappé het Saterdag die voorste doelskieter in Wêreldbeker-geskiedenis geword toe hy sy 2de doel in die uitspeelwedstryd om die derde plek teen Engeland aangeteken het en sy totaal na 22 doele geneem het.
- Gasa se burgerlike verdediging en hospitale sê 11 mense, onder wie 3 kinders en hul ouers, is Saterdag in Israeliese aanvalle regoor die gebied dood.
- Omstrede sosialemedia-boeties Andrew en Tristan Tate is Saterdag in Miami in hegtenis geneem, ná nuwe aanklagte van seksuele misdrywe teen hulle in Brittanje aanhangig gemaak is.

- Heen en weer en wéér ’n keer: Die VSA het nuwe aanvalle op Iran geloods ná 2 Amerikaanse soldate in Jordanië dood is tydens ’n aanval wat aan Iran toegeskryf word, met VSA-pres. Donald Trump wat die sterftes as ‘baie hartseer’ beskryf en nou weer gesê het die VSA sal ‘nooit toelaat dat Iran ’n kernwapen besit nie’.
- Die VSA het ’n toesigtoring van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps aan Iran se suidoostelike kus vernietig, met Mohsen Rezaei, ’n senior van die Wagkorps wat die VSA gewaarsku het dat Iran ‘volskaalse aanvalle’ sal loods indien Amerikaanse militêre aanvalle op die land voortduur.
- VSA-pres. Donald Trump dreig met nuwe invoertariewe teen Kanada oor veldbrande wat volgens hom ‘vuil’ lug na Amerikaanse stede stuur.
