Die Europese Unie (EU) se goedkeuring en oorbetaling van twee hulppakkette van miljarde euro’s aan onderskeidelik Hongarye en Oekraïne is in die soeklig nadat die Hongaarse kiesers Péter Magyar (45) se Tisza-party met ’n tweederdemeerderheid aan bewind geplaas het.
Daardeur het die 16 jaar lange bewind van die verslane premier, Viktor Orbán, tot ’n vernederende einde gekom. Die regse Orbán, ’n bondgenoot van pres. Donald Trump van Amerika en pres. Wladimar Poetin van Rusland, het sy land se vetoreg in die EU gebruik om lidmaatskap van die organisasie en ’n omvattende hulppakket aan Oekraïne te keer – dit onder meer omdat Russiese olie deur ’n pypleiding, wat oor Oekraïnse grondgebied na Hongarye loop, afgesny is.
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
