Innibos: Vars teater- en leefstylervarings

Magda Louw en haar Erhard, How Louw can you go?

Innibos 2026 bring vanjaar verskeie nuwe en unieke produksies na die feesprogram.

Volgens programbestuurder Philna Scholtz is daar verskeie uit-die-boks-uit ervarings wat feesgangers nie moet misloop nie.

Een van die mees oorspronklike aanbiedinge is Pampelmoesmampoer, ‘n plekspesifieke teaterervaring op The Rest Landgoed. Hier ontvou die storie terwyl drie gesinne se geheime in verskillende huise afspeel.

Die fees verwelkom ook die NATi-produksie Sterstof, met Ashley de Lange, Ludwig Binge en Wessel Pretorius, asook die Innibos debuut Sirkus L’Amour en die Alewige Getoer, met Wynand van Vollenstee, Thiart Li, Marissa Claasen en Zoricke Snyman.

Vir geskiedenis- en leefstyl­entoesiaste bied Innibos twee besondere ervarings.

By Spoorlyn Sabotasies tydens die Boere- en Bosoorlog bring Tian Schutte ’n fassine­rende blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Die SAIA Mpumalanga Argitektoniese Toer neem besoekers na van die Laeveld se mees inspirerende huise waar argitekte hul ontwerpfilosofie en volhoubare leefstylneigings deel.

Tronk met ’n D.
Tronk met ’n D.

Teaterliefhebbers kan uitsien na Tronk met ’n D, waarin Elzabé Zietsman die berugte Daisy de Melker vertolk.

Met hierdie uiteenlopende debuutproduksies bevestig Innibos weer sy reputasie as ’n fees met kreatiwiteit, vernuwing en unieke ervarings.

MOET-sien produksies:

Ander teaterproduksies waarna feesgangers kan uitsien is Die Ander Dogter met Sandra Prinsloo en Het van Verlangekraal met Ana van Achterbergh en Etienne du Plessis. Die gewilde Magda Louw en haar Erhard, How Louw can you go? met Desiré Gardner en Hannes van Wyk is ook op die planke.

Vir lekker lag is daar ook nog Molly en Wors met die nimlike Lizz Meiring en Willie Esterhuizen.

Kaartjies en volledige program­besonderhede is beskikbaar by innibos.co.za.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie