Jagluiperds veg om oorlewing – sensus

Foto: Dr. Elize Labuschagne

Net 117 jagluiperds ­(Acinonyx jubatus) loop vry in die noordelike dele van Suid-Afrika rond. Van hierdie vrylopende roofdiere, die enigste in Suid-Afrika, is na raming 100 volwassenes wat die bevolking kan laat voortbestaan.

Dit is 66,6% minder as die 300 wat aanvanklik gemeen is.

Navorsing, die sogenaamde Free-Roaming Cheetah Census (FRCC) – die eerste in sy soort wat pas afgehandel is – het gewys jag­luiperds voer ’n stryd om in die vrye natuur te oorleef. Die verslag is aan die Nasionale Biodiversi­teits­instituut (SANBI) oorhandig.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie