Juffrou sterf toe skoolbus van die Laerskool Kathu teen vragmotor bots

Die toneel op die N14 waar die bus van die Laerskool Kathu Saterdagoggend in ‘n noodlottige ongeluk was. Foto: Verskaf
Die toneel op die N14 waar die bus van die Laerskool Kathu Saterdagoggend in ‘n noodlottige ongeluk was. Foto: Verskaf

‘n Donker wolk van rou hang oor die Laerskool Kathu nadat en van die skool se onderwyseresse Saterdagoggend gesterf het toe die skool se bus met leerders en personeel op die N14 tussen Kathu en Kuruman in ‘n ernstige ongeluk betrokke was. 

Die bus was omstreeks 07:20 onderweg na die Laerskool Seodin in Kuruman waar rugby- en netbalspanne van die Laerskool Kathu aan die eindronde van die Van Druten-sportliga sou deelneem.

Die bus het 44 leerders en 10 onderwysers vervoer. 

Volgens inligting wat aan Nova News beskikbaar gestel is, het die bus sowat 10 km buite Kuruman vermoedelik teen ‘n stilstaande vragmotor gebots. Die presiese oorsaak van die botsing word deur die polisie ondersoek.

Foto: Facebook/Igshaaan Official
Foto: Facebook/Igshaaan Official

Adjudant-offisier Molefi Shemane het bevestig dat die Kuruman-polisie ‘n saak van strafbare manslag ondersoek. 

Die polisie het bevestig dat vyf volwassenes, onder wie die bestuurder van die bus, na ‘n hospitaal in Kathu vervoer moes word om mediese behandeling te ontvang. Van die ernstig beseerdes is daarna na Bloemfontein en Kimberley oorgeplaas om verdere spesialisbehandeling te ontvang.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie