Ervare stut Rambo Kubheka sal die Junior Springbokke aanvoer wanneer hulle teen Uruguay in hul openingswedstryd van Groep A van vanjaar se o. 20-Wêreldtoernooi in Tbilisi, Georgië, op Saterdag kragte meet.
Met die span se kaptein Siphosethu Mnebelele wat by die plaasvervangers ingesluit is, neem Kubheka die leisels oor vir die o. 20’s se eerste groepwedstryd van die toernooi.

Junior Bok-afrigter Kevin Foote het ’n 5-3-verdeling van voorspelers en agterspelers op die plaasvervangersbank gekies vir die kragmeting teen hul Suid-Amerikaanse teenstanders.
Die Junior Bokke sal ook in hul groepswedstryde teen Georgië en Wallis te staan kom, voordat die uitklopwedstryde Sondag, 12 Julie, begin.
- Die Junior Bokke speel om 18:30 SA tyd teen Uruguay.
