Vandag in die nuus

Enoch Godongwana.
Enoch Godongwana. Foto: Gallo Images.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 25 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Moenie vanaand se splinternuwe uitsending van Die Papier Praat om 19:00 op ons YouTube-blad misloop nie.
  • Beweerde onderwêreldbaas Vusimuzi ‘Cat’ Matlala het ingestem om skuldig te pleit op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery, wat dan deel sal vorm van ’n pleitooreenkoms met die NVG se ondersoekdirektoraat teen korrupsie.
  • Enoch Godongwana, minister van finansies, dreig om die oordrag van fondse na Johannesburg te stop en sê hy is ontevrede met die stad se ‘aanhoudende’ versuim om die wet op die bestuur van openbare finansies na te kom.
  • Prof. Firoz Cachalia, waarnemende minister van polisie, waarsku dat politieke moorde in die komende maande kan toeneem in aanloop tot die munisipale verkiesing.
Die waarnemende nasionale minister van polisie, prof. Firoz Cachalia.
Die waarnemende nasionale minister van polisie, prof. Firoz Cachalia.
  • Pres. Cyril Ramaphosa het vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord, sê onwettige immigrasie bly ’n groot uitdaging vir Suid-Afrika, maar dat veiligheidsmagte gereed is om op te tree teen enige pogings om die land te destabiliseer.
  • Die 3 verdagtes (onderskeidelik 26, 32 en 36 jaar oud) van massaskietery by die Jumpers-informele nedersetting in Cleveland, is glo burgers van Lesotho, en hul saak is tot 2 Julie uitgestel.
  • Die Gautengse polisie het Suid-Afrikaners gewaarsku dat hulle swaar boetes en strafregtelike aanklagte in die gesig kan staar indien hulle onwettige immigrante huisves voor 30 Junie en met boetes van R10 000 per persoon wat opgelê kan word, sê Tommy Mthombeni, polisiekommissaris in Gauteng.
  • Kaptein Ronwen Williams oor Bafana-sege: ‘Dit was ongelooflik. Ek is sonder woorde. Ek weet nie of daar ’n beter woord as trots is nie. Ek is baie trots, ek is in ekstase. Die spanning waardeur ons gegaan het om op hierdie elite vlak te speel, is nie maklik nie.’
Bafana Bafana bereik vir die eerste keer die uitkloprondes van die Wêreldbeker ná merkwaardige ommekeer oorwinning oor Korea.
Bafana Bafana bereik vir die eerste keer die uitkloprondes van die Wêreldbeker ná merkwaardige ommekeer oorwinning oor Korea. Foto: AFP.
  • Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende Doctor Khumalo het voorspeler Evidence Makgopa as die onbesonge held van SA se geskiedkundige oorwinning oor Suid-Korea uitgelig en gesê hy het die span die nodige vorm en struktuur in die voorste linie gegee.
  • Bafana Bafana se Evidence Makgopa ná SA se sege oor Korea: ‘As jy jou kop laat sak in die wedstryd kan dit jou spel vernietig. Soos jy gesien het, het ek ’n kans gemis, maar dit is belangrik om aan te hou probeer.’
  • Bafana-held Thapelo Maseko: ‘Ek het wedstryde gekyk, spelers dopgehou, top spelers, Vinny , Mbappé . . . Hulle gee nie net op ná die 1ste mislukte kans, die 2de kans, die 3de kans nie. Hulle hou aan en aan en aan, en uiteindelik, selfs in die 10de kans, kry hulle ’n doel.’
  • Ervare loskopstut Rambo Kubheka sal die Junior Springbokke aanvoer wanneer hulle Saterdag in Tbilisi, Georgië, teen Uruguay in hul eerste Groep A-wedstryd van vanjaar se o. 20-Wêreldtoernooi uitdraf.
John Steenhuisen.
John Steenhuisen. Foto: Getty Images.
  • Minister van landbou, John Steenhuisen, het nuwe nasionale beheermaatreëls vir bek-en-klouseer goedgekeur wat boere, veeartse en veeartsenykundiges regoor SA ’n geïntegreerde stel reëls sal gee wat duidelik uiteensit hoe uitbrekings bestuur moet word, vanaf dit opgespoor word tot die vee herstel.
  • Die EFF in die stad Tshwane het ’n klag van 45 bladsye teen die munisipaliteit se stadsbestuurder, Johan Mettler, ingedien en eis sy skorsing, berig EWN.
  • Madlanga-kommissie: Beamptes wil hê die kommissarisse moet die vervolging van omstrede sakeman Suliman Carrim oorweeg indien hy weer versuim om te verskyn, ná sy getuienis vir ’n derde keer uitgestel is weens sy bewering dat hy ná ’n beweerde hartaanval in April medies ongeskik is om te getuig.
  • Peet en Mel Viljoen sal in hegtenis geneem word indien hulle probeer om weer die VSA binne te gaan, nadat Amerikaanse owerhede lasbriewe vir hul arrestasie uitgereik het omdat hulle nie in die hof verskyn het nie.
  • Nie ’n enkele metropolitaanse munisipaliteit het ’n skoon oudit in die 2024/25-boekjaar behaal nie, ten spyte daarvan dat metros 54% van die totale plaaslike regeringsuitgawes uitmaak en miljoene Suid-Afrikaners bedien.

Oorsee

  • VSA-minister van buitelandse sake, Marco Rubio sê sy land se reaksie op die aardbewings in Venezuela sal ‘groot, vinnig en doeltreffend wees’, met die Amerikaanse departement van oorlog wat glo ’n sleutel logistieke rol sal speel.
  • Rubio het ook gewaarsku dat Iran se heffings op skepe wat deur die Straat van Hormoes vaar na ander seeroetes kan uitbrei, wat die risiko van ‘totale chaos’ vir internasionale skeepsverkeer kan inhou.
Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake en president Donald Trump (regs).
Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake en president Donald Trump (regs). Foto: Jim Watson / AFP.
  • Die dodetal het tot minstens 164 gestyg ná 2 aardbewings, die sterkste wat Venezuela in meer as ’n eeu getref het, talle geboue naby die hoofstad vernietig het en inwoners na vermiste familielede bly soek.
  • Aardbewing in Venezuela is die sterkste wat die land sedert 1900 getref het, volgens data van Amerikaanse moniteringsagentskappe.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie