Die vierde Innibos Boekenaweek wat tot 30 Augustus in die 140 jaar oue Kaapsehoop in Mpumalanga plaasvind, is vinnig besig om een van dié bestemmings vir boek- en drukbegeesterdes te word.

Ook Die Papier het gaan inloer om die fees en ook die Natsteen-spitbraai eerstehands te ervaar.
Innibos Boekenaweek
Vrydag was die fokus op niefiksie waartydens Graham Coetzer se Zama Zama: Inside the Illicit Mining Underworld en Chris Marnewick SC se nuwe boek oor die Oscar Pistorius-verhoor, Oscar Pistorius: The BIG Lie and the Right to a Fair Trial die aandag geniet het.

Die bewese joernalis Jana van der Merwe, wat destyds volledig oor die saak verslag gedoen het, lei dié gesprek.
Sally Andrew, skepper van die geliefde tannie Maria-speurverhale, gaan nie net oor haar onwaarskynlike speurder gesels wat selfs die sprong na die internasionale filmbedryf gemaak het nie, maar sy gaan ook haarself as skrywer verwelkom in die Laeveld.
- Kaartjies is nou te koop by Ticketpro en belangstellendes kan innibos.co.za vir die volledige program besoek.
Meer oor Natsteen

Nagkantoor Produksies het 4 jaar gelede met die eerste Natsteen-naweek begin wat deur ’n klein groepie joernaliste wat die geleentheid by die Nagkantoor Kaapsehoop Kuierkroeg bygewoon het.

Die eienaar, De Wet Potgieter, is reeds meer as 50 jaar ’n joernalis wat by verskeie streeks- en nasionale koerante, sy woordvaardigheid met die land gedeel het.
Maar hoekom Natsteen? Dit kom van die tye toe die blaaie van ’n koernant saamgestel is deur loodsetters wat die loodletters in houtrame gepak het. Onderstebo, natuurlik. Wanneer daar spesiale geleenthede opduik, soos byvoorbeeld met elke 100ste uitgawe van ’n koerant, moes dit natuurlik gevier word.
Sodra die blaaie na die drukker gestuur is om die koerant te, is daardie steen waarop die loodletters gepak was, skoongemaak. Dan is daar allerhande lekker dinge en drankies daarop uitgepak en die kuiergees het hoog geloop. Die redaksie nie, asook die mense van die drukkery wat betrokke was by die koerant, het saam fees gevier. Dit was dan ’n natsteen genoem.
En die rugby?
Van die borge, Die Papier en die Dagbreektrust, gaan seker maak dat geen rugbygeesdriftige ’n enkele oomblik van die haka óf die wedstryd tussen die Bokke en die All Blacks misloop nie! Dis net so eie aan hierdie unieke streek as Marmite-potbrood en gebraaide aartappels . . .

- Doen besprekings by Isobel: 072 450 1992. Die geselligheid beloop R150 per persoon.
