Kripvreters, vakbondlui kry beter verhogings

Foto: Adobe Stock
Foto: Adobe Stock

Suid-Afrikaanse salaristrekkers het in Julie ’n verdere beskeie verbetering in hul netto salaris gesien, hoewel voortdurende ekonomiese druk steeds salarisgroei en huishoudelike koopkrag beperk. Dit is volgens die jongste PayInc Net Salary Index, wat die inkomste ná belasting van sowat 2,1 miljoen Suid-Afrikaanse salaristrekkers dophou.

“Die gemiddelde nominale netto salaris het in Julie tot R21 642 gestyg – 0,2% hoër as in Junie en 2,2% meer vergeleke met ’n jaar gelede,” sê Shergeran Naidoo van PayInc.

Netto salarisse het egter in die eerste sewe maande van 2026 met slegs 1,6% gestyg, vergeleke met ’n styging van 3,7% vir die volle jaar in 2025. Dit weerspieël die volgehoue spanning in die arbeidsmark.

Intussen verskil die ervaring van werknemers in die openbare sektor merkbaar van dié van werkers in die private sektor.

Data van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) dui aan dat gemiddelde vergoeding in die openbare sektor in 2025 met 8,6% en in 2024 met 9,1% toegeneem het, wat in albei jare tot reële stygings van meer as 5% gelei het. Ter vergelyking was vergoeding-groei in die private sektor aansienlik gematigder.

Regdeur die ekonomie het die SARB in 2025 gemiddelde nominale vergoeding-groei van 5,0% aangeteken, marginaal onder die 5,2% in 2024.

  • Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos