Handré moet wéér help in Kaapse toets

Bok-losskakels Handré Pollard en Sacha Feinberg-Mngomezulu.
Bok-losskakels Handré Pollard en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Foto: Shaun Roy/Gallo Images.

Handré Pollard moet môre wéér die kastaiings uit die vuur kom krap. Dis ’n geveg om lewe of dood in die tweede toets van die Greatest Rivalry-reeks in die DHL-stadion in Kaapstad.

Wen Suid-Afrika, is die reeks gelyk. Wen die Nieu-Seelanders, is dit neusie verby. Dis so maklik soos dit.

Pollard is soos ’n Hilux-bakkie – uiters betroubaar. Dié 32-jarige losskakel is in die span om wedstryde te wen. Sy Speler van die Wedstryd-vertoning verlede jaar teen Australië het ’n déjà vu-gevoel.

’n Bietjie meer as ’n jaar gelede het die Wallabies die Bokke 38-22 op die einste Ellispark geklop. Manie Libbok was die losskakel. Die volgende naweek se toets was ook in Kaapstad op ’n nat en swaar veld. Die Bokke se rug was teen die muur. Handré is gekies om wal te gooi dat die Bokke nie weer verloor nie en Pollie se stewels het die wedstryd gewen.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos