Alida Potgieter van die Leeupoort-vakansiedorp in Limpopo se Waterberg is een van die eerste lesers wat ’n lesersfoto ingestuur het: “Ons is bevoorreg om elke dag die mooiste sonsondergange te ervaar,” laat weet sy.
Stuur gerus lesersfoto’s na lesers@diepapier.co.za. Die foto moet in JPEG-formaat wees en minstens 1 MB groot wees. Meld die naam van die fotograaf, waar dit geneem is, en gee ’n beskrywende onderskrif.
Boonop gaan daar in elke uitgawe ’n fotoblad vir skolesportfoto’s wees. Ouers, leerlinge, skole en fotograwe, stuur gerus daardie treffende aksiefoto’s van die sportveld.
Onderskrifte by die sportfoto’s moet die spelers se naam en van bevat, die betrokke skool se naam, waar en wanneer die wedstryd gespeel is, die uitslag van die wedstryd, ouderdomsgroep, asook die fotograaf se naam. Alle fotograwe sal erkenning kry en mag ’n e-posadres of webwerf saam met die foto publiseer. Stuur dit gerus na skole@diepapier.co.za.
