Die Afrikaanse liedjieskrywer Francis Grobler hou tans vakansie by Club Med in La Plantation d’Albion, Mauritius. “Ek was so bly oor die nuwe koerant, ek moes iets doen. Tuis hou Bethal se Spar die eerste uitgawe vir my,” laat sy hoor.
Stuur gerus lesersfoto’s na lesers@diepapier.co.za. Die foto moet in JPEG-formaat wees en minstens 1 MB groot wees. Meld die naam van die fotograaf, waar dit geneem is, en gee ’n beskrywende onderskrif.
Boonop gaan daar in elke uitgawe ’n fotoblad vir skolesportfoto’s wees. Ouers, leerlinge, skole en fotograwe, stuur gerus daardie treffende aksiefoto’s van die sportveld.
Onderskrifte by die sportfoto’s moet die spelers se naam en van bevat, die betrokke skool se naam, waar en wanneer die wedstryd gespeel is, die uitslag van die wedstryd, ouderdomsgroep, asook die fotograaf se naam. Alle fotograwe sal erkenning kry en mag ’n e-posadres of webwerf saam met die foto publiseer. Stuur dit gerus na skole@diepapier.co.za.
