Die skietaanval op genl.maj. Feroz Khan het weer gewys niemand wat met die Madlanga-kommissie verbind word, is veilig nie. Die sluipmoordpoging op Khan is een van ’n reeks moorde wat verband hou met dié ondersoek na polisiekorrupsie en georganiseerde misdaad.
Naomi Griffiths, ’n kriminoloog en direkteur van NGCrim Consult in Pretoria, sê die tydsberekening van Khan se aanval, kort voordat hy sou getuig, spreek boekdele. Volgens Griffiths is die aanval op hoëprofiel-getuies “ ’n instrumentele vorm van geweld wat daarop gemik is om vervolgings te ontspoor, bewyse te vernietig of ander getuies af te skrik”.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
