Mangaung-hoë se man in arres weens buitelanders

Ter illustrasie: SHOX ART/pexels.com
Ter illustrasie: SHOX ART/pexels.com


Die adjunkburgemeester van die Mangaung Munisipaliteit, Lulama Titi-Odili, se man is na bewering in hegtenis geneem nadat hy glo huisvesting verskaf het aan onwettige buitelanders.

Phil Odili is volgens berigte ‘n Nigeriese burger.

Die Vrystaatse premier, MaQueen Joyce Letsoha-Mathae, het sy arrestasie bevestig. Dit het gevolg na ‘n klopjag op ‘n gastehuis wat glo aan die adjunk-burgemeester behoort.

Volgens Letsoha-Mathae is die mense wat in hegtenis geneem is, van Nigerië en Ethiopië. Dit kon nog nie amptelik bevestig word nie.

Sover vasgestel kon word, is Odili nog nie formeel aangekla nie.

  • Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie