Victor Matfield, die voormalige Springbok-kaptein, verwag dat Manie Libbok in die nommer 10-trui gekies sal word vir die Bokke se toets teen die All Blacks op Ellispark.
Libbok het in Julie teen Engeland begin in wat tot dusver die naaste aan ’n volsterkte Bokspan is wat vanjaar op die veld gedraf het.
“Ek het gisteraand weer na die wedstryd gekyk en ek dink nie hy het so sleg gespeel nie,” het Matfield gesê oor die spelvergelyking Libbok se spel en dié van Sacha Feinberg-Mngomezulu onlangs in Buennos Aires.
“Ek dink ons skopwerk was nie goed nie – veral ons hoë hangskoppe, wat net te ver was. Ons praat deesdae altyd daaroor – wanneer jy daardie balle skop, moet dit eerder te kort as te ver wees, want anders gee jy net die bal weg.
“Ons skoppe was dus ’n bietjie af, maar Sacha was fisiek. Hy het steeds daarvoor gegaan.”
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
