Die selfoon lui lank voordat Dave Pepler antwoord. Hy is op sy fiets op pad gimnasium toe. Sal hy tyd hê om later in die dag met my te gesels?
“Natuurlik! Tyd is al wat ek het – ek ry fiets; ek gaan gimnasium toe. Ek is mos nou afgetree.”
Met ons onderhoud vra ek oor die fietsryery. Ry hy baie? “Seker so 2 500 km per jaar,” kom die antwoord.
“Ek ry Stellenbosch al sedert 1 Mei 1974 op my fiets plat. Ek het ’n motor, maar gebruik dit seker net so elke ses weke.
“Ek probeer maar die groot koolstofvoetspoor van my lewe verdiskonteer.”
- Lees skrywer en joernalis Ilse Salzwedel se volledige profiel met Dave Pepler in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
