Haar lewe en loopbaan
Dolly Rebecca Parton is op 19 Januarie 1946 in Pittman Center, Tennessee, gebore. Sy het in Locust Ridge, ’n afgeleë gebied in die Great Smokyberge in Oos-Tennessee, naby die dorp Sevierville, grootgeword. Sy was die vierde van 12 kinders. Haar pa, Robert, was ’n tabakboer. Volgens Parton kom haar liefde vir musiek van haar ma, Avie, wat die groot gesin met ou liedere vermaak het.
Volgens haar het sy haar sin vir sake van haar pa gekry. Parton het as kind op plaaslike TV-programme verskyn. Teen 13 het sy ’n liedjie, “Puppy Love”, opgeneem.
Nadat sy skool klaargemaak het, is sy Nashville toe. Parton se vroeë sukses in die bedryf was as liedjieskrywer. Sy het ook ’n paar onsuksesvolle kortspelers uitgereik, maar haar eerste treffer was “Dumb Blonde” in 1967. Dit verskyn op haar eerste ateljee-album, Hello, I’m Dolly.
Dit was die begin van ’n loopbaan van ses dekades waarin sy meer as 3 000 liedjies geskryf het. Parton het in 1995 die Imagination Library gestig waarmee meer as 300 gratis boeke aan kinders in onder meer Amerika, Kanada, Brittanje gestuur het.
- Lees die volledige artikel van Dolly Parton in splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
