’n Ekstra kontantprys van R20 000 ook op die spel!

Die Kinderfonds.
Ondersteun Die Kinderfonds en jy kan groot pryse wen. Foto: Facebook.

Daar is vanjaar nóg meer rede om deel te neem aan Die Kinderfonds se donasieprojek, wat in samewerking met RSG 100-104fm, Die Papier en Toyota Suid-Afrika aangebied word.

Benewens die hoofprys – ’n keuse tussen ’n Toyota Vitz of R200 000 kontant – is daar nou ook ’n ekstra kontantprys van R20 000 op die spel. Die ekstra prys is beskikbaar vir deelnemers wat voor 7 November ’n totale bydrae van R1 800 of meer gemaak het.

Adrie van Staden, uitvoerende hoof van Die Kinderfonds, sê sy hoop dit spoor mense aan om by te dra. “Ons wil lesers aanmoedig om elke maand ’n bydrae te gee en bied nou ’n ekstra kontantprys aan.” Alle donasies van R50 of meer kwalifiseer vir die hoofprystrekking op 19 November. Elke R50 tel as een inskrywing, terwyl ’n skenking van R250 ’n bonus-­inskrywing behels. Dus kry jy ses inskrywings in plaas van slegs vyf.

Adrie van Staden, uitvoerende hoof van Die Kinderfonds, by die Toyota Vitz wat gewen kan word.
Adrie van Staden, uitvoerende hoof van Die Kinderfonds, by die Toyota Vitz wat gewen kan word. Foto: Verskaf.

Deelnemers moet hul selfoonnommer as verwysing gebruik wanneer betalings gemaak word – dit dien as inskrywingsnommer. Binne drie werksdae sal skenkers ‘n WhatsApp- of SMS-boodskap ontvang wat hul inskrywings bevestig.

Die Kinderfonds, Absa-­tjekrekening: 2840 157 329. Takkode: 632005. Verwysing: Jou selfoonnommer, naam en van. PayShap ID: 0614794791.

Indien jy kontant wil inbe­taal, doen dit slegs by ’n Absa-­kitsbank en kies die opsie vir kaartlose transaksies. Vir volledige besonderhede, kompetisiereëls en meer inligting oor die begunstigdes, besoek Die Kinderfonds-webwerf.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie