Noordvaal-trofee: Wit Bulle wil Waterkloof wéér gaffel

Monument-vleuel Loghan Langeveldt duik oor die doellyn tydens die halfeindronde van die Virseker Noordvaal Cup.
Monument-vleuel Loghan Langeveldt duik oor die doellyn tydens die halfeindronde van die Virseker Noordvaal Cup. Foto: Marius Nortjé.

Die Noordvaal-trofee sal vandag vir die eerste keer sedert 2023 ’n nuwe staanplek kry.

Monument van Krugersdorp se Wit Bulle sal op sy tuisveld, die Ras van Rooyen-­veld, teen Waterkloof van Pretoria in die eindstryd van die Virseker Noordvaalbeker se Beker-afdeling te staan kom.

Die twee skole se eerste spanne het mekaar al twee keer tevore in die eindstryd ontmoet, met die Wit Bulle wat albei kere baas was.

Garsfontein, wat die afgelope drie jaar die kampioen was, het Dinsdag in die halfeindstryd teen Waterkloof sy rieme met 26-27 styfgeloop.

Monnas het al tien keer vantevore die kroon gedra met sy oorwinning van 30-28 in die eindstryd van 2022 oor Garsfontein, wat sy vorige verskyning in die eindstryd was.

Waterkloof is al vyf keer as kampioen gekroon, maar die laaste keer wat hy die trofee omhoog gehou het, was in 2011. Toe was meeste van die Klofies se span van vanjaar maar net twee jaar oud.

Waterkloof-kaptein, Meyer Pretorius (links), word by die kantlyn uitgeduik in sy span se oorwinning van 27-26 oor Garsfontein.
Waterkloof-kaptein, Meyer Pretorius (links), word by die kantlyn uitgeduik in sy span se oorwinning van 27-26 oor Garsfontein. Foto: Frans Lombard/Actionpix.

Monnas het hul plek in die eindstryd met ’n oorwinning van 60-52 oor Noordheuwel in die halfeindronde bespreek.

Die span se skakelpaar, Morné Noble en Jaydon Viljoen, sal ’n reuserol in die span se aanslag speel. Viljoen het vanjaar al 114 punte in die reeks opgestapel. Noble is met 15 drieë ook die voorste driedrukker in die reeks.

Hy was verlede jaar by Wynberg Boys’ High en vanjaar se SA Skole- en o.18-losskakel, Achmat Behardien, se skakelmaat.

Voeg daarby dat hy verlede jaar asook in 2024 die Junior Springbokke se losskakel, Yaqheen Ahmed, se spanmaat was.

Ahmed het verlede jaar op binnesenter vir Wynberg uitgedraf.

Die twee spanne het mekaar boonop twee weke gelede in Krugersdorp gepak met Monnas wat danksy ’n drie ná die sirene ’n oorwinning van 40-36 beklink het.

  • Lees meer oor al die skole- en rugbynuus in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos