Vroeër vandeesweek, kort nadat die oorskot van die laaste van die vyf mynwerkers herwin is wat op 17 Februarie in ’n vernietigende modderstorting diep onder in die Ekapa-diamantmyn in Kimberley omgekom het, kon Mannas Fourie, die uitvoerende hoof van Mines Rescue Services, sy asem verlig uitblaas.
“Dit was 34 dae al om die klok van onbeskryflike stres en harde werk waaraan altesame 485 protospan-reddingswerkers deelgeneem het,” vertel hy.
Hul taak is oorskadu deur “alomteenwoordige, dreigende gevare” agter die massas modder en rotse. Dit kon hulle ook hul lewe kos.
Ure ná die modderstorting is gate geboor na waar die vermiste mans was. Kameras is laat sak, maar dit het net water tot teen die dak getoon, lewe daarin was onmoontlik.
- Lees joernaliste Charné Kemp se volledige artikel in Die Papier, wat tans op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
