Op kibboets: ‘Jy kan nie skreeu nie, jy moet stil wees’

Hamas het talle huise in die Kfar Azza-kibboets afgebrand.
Hamas het talle huise in die Kfar Azza-kibboets afgebrand. Foto: Jana Marx.

Terwyl hulle vir Hamas weggekruip het, het Neta Portal (26) en haar vriend, Santi (28), gehoor hoe hul bure en vriende gil, om hulp roep en vir hul lewe smeek.

“Die terroriste het van huis tot huis gegaan. Hulle het mense ontvoer en vermoor en ons het alles gehoor,” het Portal verlede week aan Die Papier gesê. “Dis moeilik om daaroor te praat.”

Die paartjie is voormalige inwoners van die Kfar Azza-kibboets, ’n gemeenskapsplaas sowat 1,5 km van Gasa se grensdraad af, waar sowat 250 Israelse gesinne eens gewoon het. Die kibboets was, weens sy ligging, onder dié wat die ergste onder die militante groep se aanval op 7 Oktober 2023 deurgeloop het.

  • Lees Jana Marx se volledige berig vanuit Jerusalem oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
  • Jana Marx se reis na Israel en die Wesoewer namens Die Papier is deur die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes moontlik gemaak.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie