Pieter-Steph en Ardie dalk ‘Schalk’-faktor?

All Blacks-kaptein Ardie Savea.
All Blacks-kaptein Ardie Savea. Foto: Facebook/All Blacks.

In ’n rugbystryd soos die vinnig naderende Greatest Rivalry-­reeks tussen die Springbokke en die All Blacks is ’n groot vraag: Wie in albei kampe is daardie een sleutelspeler, wat sy span se grootste wenfaktor gaan wees?

Jake White, ’n voormalige Springbok-afrigter, is op rekord – die beste speler wat hy afgerig het, is Schalk Burger.

Volgens White was die impak van Burger se spel van só ’n aard dat die Bokke op ’n dag wat Burger ’n goeie wedstryd gehad het, hul toets gewen het.

Die Papier voorspel dat Pieter-­Steph du Toit (vir die Springbokke) en Ardie Savea (vir die All Blacks) waarskynlik vanjaar die Schalk-faktor vir hul spanne kan wees.

Albei losvoorspelers was al Wêreldrugby se Speler van die Jaar en verteenwoordig indrukwekkende statistieke.

Du Toit het in die 2023-­ ­Wêreldbekereindstryd 28 duikslae uitgevoer en in 2019 in Japan altesame 61 oor die hele toernooi. Savea het in 2023 se toernooi 56 keer geduik en al 32 toetsdrieë gedruk. Albei lei gereeld hul spanne op die veld en Savea is die All Black-reeks- kaptein.

Wie is jou sleutelspeler?­ Gesels saam

Stem jy as leser saam, of voorspel jy ’n ander Schalk-faktor soos Handré Pollard, Sasha­ Feinberg-Mngomezulu, ­Malcolm Marx, Cheslin Kolbe, Ox Nché of André Esterhuizen? En vir die All Blacks dalk Rieko Ioane, Codie Taylor, Will ­Jordan of Ruben Love?

Stuur jou keuse en rede per SMS of WhatsApp na 062 533 2049, of gesels saam op Die Papier se sosiale platforms soos Facebook, Instagram en X.
Ons berig in die volgende uitgawe daaroor.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos