Ons gesels virtueel op ’n sonnige Vrydagoggend. Hein Willemse – emeritus professor in letterkunde en teorie – sit in sy studeerkamer in Somerset-Wes.
Agter dié voormalige hoof van die departement Afrikaans by die Universiteit van Pretoria kreun die boekrakke onder honderde boeke.
’n Skaaphond, Tip – al grys om die bek – kom loer ook in. Gerus dat sy geliefde baas daar is, vly hy hom in ’n sonkol neer.
- Lees skrywer en joernalis Ilse Salzwedel se volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
