Rassie ná Saterdag saam met Jake White in Bok-rekordboeke

Bok-breier, Rassie Erasmus.
Bok-breier, Rassie Erasmus. Foto: Getty Images.

Afrigter Rassie Erasmus sal Saterdag vir die 54ste keer in beheer van die Springbokke wees wanneer hulle teen Engeland uitdraf.

Erasmus sal daarmee die rekord ewenaar wat tans deur voormalige Bok-afrigter Jake White gehou word, nadat White Suid-Afrika in 54 toetse afgerig het.

Erasmus is in 2018 aangestel ná die afdanking van Allister Coetzee. Hy het die Springbokke na die Wêreldbeker-titel in 2019 gelei voordat hy die leisels aan Jacques Nienaber oorgegee het. Nienaber het die span vir 39 wedstryde afgerig.

Nadat Nienaber ná die Wêreldbeker in 2023 na Leinster in Ierland vertrek het, het Erasmus weer die afrigterspos oorgeneem.

Hy spog tans met ’n wenpersentasie van 75,5% (40 oorwinnings uit 53 wedstryde), die vierde beste in die Springbokke se geskiedenis ná Kitch Christie (100%), Cecil Moss (83,3%) en Ian Kirkpatrick (76,9%).

Meeste wedstryde as Springbok-afrigter:

  1. Jake White – 54
  2. Rassie Erasmus – 54 (ná die Engeland-toets)
  3. Pieter de Villiers – 48
  4. Heineke Meyer – 48
  5. Jacques Nienaber – 39

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie