Die stigting van die nuwe Afrikaanse koerant, Die Papier, het die mediatoneel op sy kop gekeer.
Die koerant is reeds etlike maande op die rak en Izak du Plessis van Nuuspod vra by die Toyota Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees die vrae oor waaroor alles gaan.
Barnard Beukman, redakteur van Die Papier, is saam met hom op die verhoog om die antwoorde te gee. Hulle bespreek ook die veranderde medialandskap.
Die gesprek is Saterdag 4 Julie om 13:30 by die ATKV-Boeke-oase.
