Die Europese Kampioenebeker was die afgelope ruk pal in die nuus oor heelwat intriges van die veld af, maar Saterdag het Leinster en verdedigende Franse kampioene Union Bordeaux Bègles in die einstryd in Bilbao, Spanje gespeel.
Oor die raadsaalsirkus wat in Suid-Afrika oor die kompetisie plaasgevind het, kan ’n mens net een ding wonder: Is Mark Alexander, president van Saru, en sy hoofamptenaar, Rian Oberholzer, dan nie in voeling of gesprek met hul groot rugbyunies nie? Of bly regsbriewe die hoofkommunikasiekanaal?
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
