Vandag in die nuus

Die Bulls se Marcell Coetzee (middel), David Kriel (links) en Ruan Nortjé.
Die Bulls se Marcell Coetzee (middel), David Kriel (links) en Ruan Nortjé. Foto: AFP.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 27 Mei, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

SA nuus

  • Die eerste 300 Ghanese burgers wat Suid-Afrika vrywillig verlaat, het vanoggend vanaf O.R. Tambo-lughawe vertrek, ’n proses wat deur die Ghanese regering en SA se samewerking bewerkstellig is. Immigrasiebeamptes sê slegs 10 van die 300 buitelanders wat opgedaag het vir die repatriasie, was wettig in SA.
  • Binnelandse sake ontwikkel ’n program vir die tesourie om spookwerkers te verifieer en teen hulle op te tree.
  • AfriForum nader die hooggeregshof in Pretoria om Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur, se besluit om die naam van Graaff-Reinet in die Oos-Kaap te verander, te betwis
  • Geskorste polisiesersant Fannie Nkosi se appèl om sy borgtogaansoek se uitspraak om te swaai, misluk.
  • Die afpersings- en geldwasserysaak teen die Mpumalanga-taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni en sy drie medebeskuldigdes is weer op die hofrol geplaas.
Joe ‘Ferrari’ Sibanyoni (middel), saam met sy twee medebeskuldigdes, by ’n vorige hofverskyning.
Joe ‘Ferrari’ Sibanyoni (middel), saam met sy twee medebeskuldigdes, by ’n vorige hofverskyning. Foto: NGV.
  • Die moordsaak van DJ Warras, wat op 16 Desember verlede jaar in die Johannesburgse middestad doodgeskiet is, is na die hooggeregshof geskuif en sal 18 Junie voortgaan
  • Tesourie sê hy beëindig die skuldverligtingsprogramme vir munisipaliteite wat gereeld versuim het om hul verpligtinge na te kom, en die volgende stap is dat hulle hul Eskom-skuld moet hanteer.

Sport

  • Kiwi-rugbykaptein Scott Barrett sal die ‘Rugby’s Greatest Rivalry’-toetse in SA misloop weens ’n rugbesering wat hom sowat 5 maande op die krukkelys gaan hou.
  • Bulls-flank Marcell Coetzee sê sy span is gereed vir hul VRK-kwarteindstryd teen Munster: “Gedurende die seisoen was ons onder druk, dit het ons soort van gedwing om elke week in ’n uitklop-mentaliteit te wees.”

Oorsee

  • Vyf van die sewe mense wat vir ’n week lank in ’n oorstroomde grot in Laos vasgekeer was, lewend gevind is. Die ander twee is steeds vermis.
  • Wêreldgesondheidsorganisasie-hoof, Tedros Adhanom Ghebreyesus, waarsku dat die konflik wat in die oostelike DRK woed, pogings om ’n dodelike Ebola-uitbreking onder beheer te kry dramaties bemoeilik, en het ’n onmiddellike skietstilstand versoek.
VSA-pres. Donald Trump.
VSA-pres. Donald Trump. Foto: AFP.
  • ’n Amptenaar van Iran se Rewolusionêre Wag het gesê dat ’n hernude oorlog met die VSA onwaarskynlik is, maar het gewaarsku dat Iran gereed staan om enige aanval te hanteer.
  • VSA-pres. Donald Trump se ‘raad van vrede’ het g’n geld oor nie, ten spyte van lidlande wat miljarde dollars belowe het, berig die Financial Times
  • BP het voorsitter Albert Manifold afgedank oor “ernstige kommer”, minder as ’n jaar ná hy die pos aanvaar het.
  • Venezuela het agt weermagoffisiere vrygelaat wat tronkstraf uitgedien het op aanklagte dat hulle beplan het om voormalige president Nicolas Maduro omver te werp.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie