SA A en die Bokke: Dís Die Papier se spelers van die wedstryde

Cheslin Kolbe tydens ’n wedstryd teel Italië. Foto: Facebook.
Cheslin Kolbe tydens ’n wedstryd teel Italië. Foto: Facebook.

Soms is dit moeilik om ’n speler van die wedstryd te kies. Nie soseer omdat g’n speler uitgestaan het nie, maar omdat daar talle spelers is wat op verskeie dele van die wedstryd hulself op die veld laat geld het.

Ja, Edwill van der Merwe het uit en uit verdien om die Springbokke se speler van die wedstryd teen die Barabarians te wees. Maar twee ander vleuels kan ook uitgelig word: Jaco Williams en Cheslin Kolbe.

Dit voel ietwat oortollig om nog in hierdie stadium van sy loopbaan vir Kolbe as ’n buitengewone speler te loof, maar die nege skoppe uit 11 probeerslae wat hy sekuur deur die pale gestuur het, was ’n meesterklas.

Ook het hy sy lyf gereeld op die spel geplaas, in ’n wedstryd waar dit nie broodnodig was nie. Een persoon in die kroeg het ná elke groot Kolbe-oomblik luidkeels gepleit: “Ongelooflik! Maar haal hom af! Hy moet reg wees vir Engeland!”

So ook was Jaco Williams, wat sy klubrugby vir die Sharks speel, vuurwarm in SA A se kragmeting teen Zimbabwe.

Sy duikslae was hard en orals op die veld, hy het sterk gehardloop en is boonop met ’n drie in die doodsnikke van die wedstryd beloon.

Hy het sy hart uit gespeel.

Soveel so dat hy vir die Springbokke se Nasieskampioenskap-oefengroep gekies is, in ’n posisie waar daar nie werklik ’n reuse tekort is nie.

Williams sal beslis van dié geleentheid, nes sy tyd op die veld teen Zimbabwe, die beste wil maak.

Só lyk die res van die oefengroep:


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie