SA netbal-ster Karla Pretorius nou Kovsies se hoofafrigter

Karla Pretorius, die nuwe hoofafrigter van Kovsie Netbal.
Karla Pretorius, die nuwe hoofafrigter van Kovsie Netbal. Foto: Verskaf.

SA netbalspeler Karla Pretorius, die huidige spesialisafrigter van Kovsie Netbal, is as die program se volgende hoofafrigter by dié universiteit in Bloemfontein aangestel.

Sy sal amptelik die leisels by Burta de Kock aan die einde van die 2026-seisoen oorneem. De Kock, die jarelange hoofafrigter, by Kovsies tree dan af.

Sy sal die rol amptelik aan die einde van die 2026-seisoen oorneem ná die aftrede van die jarelange hoofafrigter, Burta de Kock.

Oor die jare het sy ’n sleutelrol gespeel om KovsieNetbal as ’n gerespekteerde krag in universiteitsport te vestig deur talentvolle studente-atlete te ontwikkel en ’n kultuur van uitnemendheid op én van die baan af te bevorder.

“Ons is verheug om die aanstelling van ons nuwe hoofafrigter vir Kovsie Netbal aan te kondig. Hierdie aanstelling vorm ’n belangrike deel van ons visie om die UV weer as ’n dominante krag in universiteitsnetbal te vestig,” het Jerry Laka, direkteur van KovsieSport, in ’n persverklaring gesê.

“Die afrigter bring ’n magdom ervaring, sterk leierskap en ’n duidelike begrip van die ontwikkelingspad van studente-atlete na die rol. Ons is oortuig daarvan dat ons netbalprogram onder haar leiding sal voortgaan om op én van die baan af uit te blink.”

Op haar beurt, sê Pretorius, wat tans as spesialisafrigter saam met De Kock werk, dat dit ’n groot verantwoordelikheid is, maar ook ’n opwindende uitdaging.

“Die UV is waar ek my graad verwerf het, my eerste werklike blootstelling aan hoëprestasie-netbal gekry het, onskatbare ervaring opgedoen het en geweldig as mens gegroei het. Jare later het dit ook ’n plek geword waar ek kon aanhou leer, ontwikkel en my voete as afrigter vind,” sê Pretorius.

“Ek sien daarna uit om te help vorm gee aan die volgende geslag spelers en by te dra tot die voortgesette groei en sukses van Kovsie Netbal.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos