Die groot vraag op almal se lippe is of een van die goue seuns van Springbokrugby, Sacha Feinberg-Mngomezulu, betyds reg gaan wees om ’n wenfaktor in die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks te wees.
Dié Bok-losskakel maak môre sy terugkeer tot die Bok-beginspan vir sy 20ste toetswedstryd teen die Pumas in Buenos Aires.
“Geen besering is lekker nie. Ons het dit so ver in die VRK gemaak en om dit toe mis te loop en nie my span (die Stormers) te kon help nie, was frustrerend.
“En natuurlik was dit selfs meer frustrerend om ook die begin van die Springbokseisoen mis te loop,” het Feinberg-Mngomezulu aan joernaliste in Argentinië gesê.
- Lees hierdie volledige berig en ander rugbynuus in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
