7de hemel! Blitzbokke klop Fidji om Sewesreeks-titel in New York te wen

Tristan Leyds speel ’n sleutelrol in die Blitzbokke se aanval.
Tristan Leyds speel ’n sleutelrol in die Blitzbokke se aanval. FOTO: Elizabeth Ruiz Ruiz/Getty Images.

Die Blitzbokke is Sewesreeks-kampioene nadat hulle Sondagaand in ’n opwindende eindstryd by die New York-sewestoernooi met 10-7 teen Fidji gewen het.

Die Blitzbokke het hul naam eerste op die telbord laat saakmaak deur Gino Cupido wat ’n drie gedruk het. Kaptein Impi Visser se aandeel in die drie kan egter nie misgekyk word nie. Hy het met pure krag die bal uit een van Fidji se sterk spelers geruk om eindelik Gino doellyn toe te stuur.

Tristan Leyds het die doelskop misgeloop, wat Suid-Afrika ná twee minute met 5–0 laat voorloop het.

Fidji het die volgende vier minute besit beheer, maar soos deur die hele toernooi het die Blitzbokke se verdediging uitgestaan en hulle het rustyd met ’n skrale voorsprong gerus.

Vroeg in die tweede helfte was dit Leyds wat op ’n los bal afgepyl het om nog ’n onverdoelde drie te gaan druk. Ja, die Blitzbokke was nou 10-0 voor, maar Fidji is nie per ongeluk gelyk met die Blitzbokke op die punteleer nie.

Fidji het dus hard teruggeslaan toe hulle van diep af ’n aanval geloods het en Terio Veilawa ’n drie gedruk het. Die drie is ook verdoel, om die Blitzbokke se voorsprong te laat krimp.

Met Fidji wat in die laaste sekondes aangeval het, moes die Blitzbokke vasbyt. ’n Fidji-speler het die bal eindelik aangeslaan, wat die skeidsregter die eindfluitjie laat blaas het. Dié Blitzbokke se verdegiging is só goed, dis altyd deel van hul wedstrydplan om hul titel as kampioene ook so suksesvol moontlik te verdedig . . . en dít doen hulle baie goed!

Artikel deur Craig Taylor, KickOff.com


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie