Sewes: Bobaas Blitsbokke klop Argentinië, speel teen Australië in eindstryd

Blitsbokke se Tristan Leyds.
Blitsbokke se Tristan Leyds. Foto: David van der Sandt/Gallo Images.

Dit was naelbyt, soos meeste Sewes-uitklopwedstryde is. Maar die Blitsbokke het Argentinië in Spanje 19-7 geklop en sal later vanmiddag in die Valladolid-eindstryd teen Australië te speel.

Sebastiaan Jobb het die Blitsbokke die eerste 5-0-voorsprong gegee voordat Argentinië teruggeveg het met ’n verdoelde drie deur Santiago Vera Feld vir ’n 5-7-telling teen rustyd.

Die Blitsbokke het die voorsprong in die tweede helfte teruggeneem ná ’n briljante sololopie deur Ricardo Duarttee, wat sy eie drie verdoel het vir ’n 12-7-voorsprong.

Ryan Oosthuizen het die oorwinning beklink met ’n drie in die laaste minuut, sodat SA teen Australië in die eindstryd in Spanje sal speel.

Daardie wedstryd vind om 16:26 vanmiddag plaas.

Punte

Blitsbokke

Drieë: Sebastiaan Jobb, Ricardo Duarttee, Ryan Oosthuizen

Doelskoppe: Ricardo Duarttee (2)

Argentinië

Drieë: Santiago Vera Feld

Doelskoppe: Santiago Vera Feld


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie