Lions teen Leinster: Dís Die Papier se speler van die wedstryd

Lions-heelafter Quan Horn sit vir Leinster-losskakel Sam Prendergast agterna.
Lions-heelafter Quan Horn sit vir Leinster-losskakel Sam Prendergast agterna. Foto: Facebook.

Ons SA speler van die wedstryd is Jacques Nienaber. Hoewel hy beslis ’n Suid-Afrikaner is, was hy nie tegnies op die veld nie.

Nienaber het omtrent in die Ierse media deurgeloop na Leinster deur Union Bordeaux Bègles met 19-41 in die Europese Kampioenebeker-eindstryd geklop is.

Maar dié hulpafrigter se meesterbrein vir verdediging is versinnebeeld met die Lions se onvermoë om hul gewone aanvallende rugby te speel. Hulle kon net nie deurbreek nie en is deurgaans agter die voordeellyn gestuit.

Hoewel beide Leinster en die Lions sowat 75% suksesvolle duikslae uitgevoer het, kon die Lions slegs twee keer drieë druk. Daarteenoor het Leinster nege keer agter die doellyn gaan kuier.

Dit sou dus gepas wees om vir Nienaber, wat ook voorheen die Bokke se verdediging beheer het, die speler van die wedstryd-titel te gee. Amptelik gaan Die Papier egter vir Lions-senter Henco van Wyk uitsonder.

Hy was terug in die beginspan ná ’n kort tyd op die krukkelys en het die Lions se enigste punte aangeteken. Die Stormers gaan hulle storie moet ken as hulle komende Saterdag in die halfeindstryd dié Leinster-span in Ierland wil klop.  


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie