Die Blitsbokke het wraak geneem vir hul nederlaag teen Fidji in die groepwedstryde Saterdag deur hul kwarteindstryd die middag met 14-12 te wen en daarmee saam die Wêreldkampioenskap te beklink.
Deur die halfeindronde te haal, kan die Blitsbokke nie meer bo-aan puntelys ingehaal word nie.
Twee verdoelde drieë deur Sebastiaan Jobb het Suid-Afrika gehelp om ’n agterstand van 12-0 uit te wis in ’n wedstryd waarin hulle, soos so dikwels, ongelooflike karakter getoon het.
Die oorwinning beteken hulle het die Wêreldkampioenskap beklink en sal nou daarna streef om ook die algehele titel in Bordeaux te wen.
Hulle speel Sondag om 13:14 teen Frankryk in die halfeindstryd.
Punte
Blitsbokke
Drieë: Sebastiaan Jobb (2)
Doelskoppe: Ricardo Duarttee (2)
Fidji
Drieë: Viwa Naduvalo, Kavekini Tanivanuakula
Doelskoppe: Terio Veilawa
