“Wat is die Afrikaanse woord vir sibling?” is een van die vrae wat gereeld aan my gestuur word.
“Sibbe klink Engels!” beweer sommige navraers. Ironies genoeg is “sib” ’n ou Germaanse woord, ontleen aan die Gotiese sibja, en dus veel ouer as die Engelse sibling.
Ek verwys self graag na my boetie en sussie as my sibbe – ’n woord wat gevul is met warm herinneringe.
- Lees Maureen van Helden, VivA se taalraadgewer, se volledige rubriek oor dié onderwerp in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
