Skolerugby: ‘ ’n Ongesonde obsessie’

’n Skermgreep van die video wat die ronde doen oor die geveg by die wedstryd tussen Dr. E.G. Jansen en die Hoërskool Menlopark.
’n Skermgreep van die video wat die ronde doen oor die geveg by die wedstryd tussen Dr. E.G. Jansen en die Hoërskool Menlopark.

Terwyl ’n polemiek oor skolerugby heers, gaan die Noordvaalbeker-wedstryd môre voort. Die Hoërskool Rustenburg speel op hul tuisveld teen die Hoërskool Menlopark om 12:25 en om 15:00 is dit die Hoërskool Garsfontein en Dr. E.G. Jansen met die Hoërskool Garsfontein as die gasheer se beurt.

Dit volg nadat die Noordvaalkomitee almal wat betrokke was by die appelswaaiery ná die Virseker Noordvaalbeker-wedstryd tussen die Hoërskool Dr. E.G. Jansen en die Hoërskool Menlopark, verlede naweek geskors het, hangende die verhore wat glo in die week van 17 Augustus sal plaasvind.

Nie ’n geïsoleerde geval nie

Augustus 2024: Bakleiery ná derby tussen Bishops en Sacs in Kaapstad.

Augustus 2024: Spelers van Milnerton en Melkbosstrand raak slaags ná ’n rugbywedstryd.

Oktober 2025: Beweerde aanrandingsvoorval by Milnerton High School.

Mei 2026: 14-jarige assistent-skeidsregter van Eden Technical High School glo ná ’n wedstryd aangerand.

Junie 2026: Berigte dat ouers die veld bestorm tydens ’n wedstryd tussen CBC en Eaglesvale.

Augustus 2026: Beweerde rassismevoorval tussen Fairmont High School en The Settlers High School.

Augustus 2026: Geweld breek uit tydens die Virseker-Noordvaalbeker-wedstryd tussen Menlopark en Dr. E.G. Jansen.

  • Lees alles oor dié voorval in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos