Staat wil Paarlse rugbyspelers se borgaansoek op hersiening neem

Die borgaansoek van die twee Paarlse rugbyspelers het vandag hervat.
Die borgaansoek van die twee Paarlse rugbyspelers het vandag hervat. Foto: Argief/Jana Scheepers.

Die saak van die twee Paarlse klubrugbyspelers is wéér uitgestel nadat die staat aangevoer het dat die saak “prosedureel verkeerd” is en dat die borgaansoek hiervolgens op hersienning geneem moet word. Die staat beoog hiervolgens om ’n aansoek te bring dat die saak in die Hoogeregshof hersien moet word.

Die staatsaanklaer, Melissa van der Byl, het ook aangevoer dat hy beswaar aanteken nadat Benedict Asia as die beskuldigdes se mederegsverteenwoordiger aangestel is.

Die aanklaer het aangevoer het dat die mans (23 en 28) se regsverteenwoordiger, Elton Rochert van Elton Rochert Attorneys in Kaapstad, nie Asia as sy medeverteenwoordiger in die hof voorgestel het nie, maar slegs as sy “assistent”.

Asia is ’n prokereur by die Paarl se oudste regsfirma, Faure & Faure.

Die twee rugbyspelers staan tereg op vier aanklagte van verkragting teen ’n 21-jarige student van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Wellington-kampus.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie