Stigting maak honderde bedreigde pikkewyne self groot

Een van die Sanccob-vrywilligers hou ’n pas uitgebroeide Afrika-pikkewyn in haar hand vas.Foto: Rasaad Adams
Een van die Sanccob-vrywilligers hou ’n pas uitgebroeide Afrika-pikkewyn in haar hand vas.Foto: Rasaad Adams

Meer as 200 hoogs bedreigde Afrika-pikkewyne het sedert die begin van die jaar by die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls (Sanccob) in Kaapstad uitgebroei.

Volgens Sanccob se beraming is slegs 7 996 broeipare van hierdie pikkewyne in die natuur oor.

Die organisasie het vanjaar ’n rekordgetal vermoedelik verlate eiers by kusgebiede in die streek ingesamel.

Volgens Sanccob se beraming is
slegs 7 996 broeipare van die Afrika-pikkewyne in die natuur oor. Foto: Rasaad Adams
Volgens Sanccob se beraming is
slegs 7 996 broeipare van die Afrika-pikkewyne in die natuur oor. Foto: Rasaad Adams

Tientalle eiers is nog in broeikaste.

Sanccob is onlangs met splinternuwe broeikaste toegerus, wat tot 400 eiers op ’n keer kan hou.

  • Lees Rasaad Adams se berig oor dié kwesbare kusvoëls in die jongste uitgawe van Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie