Streeptruie deel streepsuiker uit op Loftus

Die Stormers het Saterdag die Bulls by Loftus Versfeld gewen.
Die Stormers het Saterdag die Bulls by Loftus Versfeld gewen. FOTO: Gallo Images.

Die Bulls-ondersteuners het baie meer van hul span verwag. Veral op Fort Loftus.

Maar die tuisspan kon ongelukkig nie met die louere wegstap nie. Dié geluk het die Stormers, met ’n eindtelling van 32-19 te beurt gekom nadat hulle drie agtereenvolgende wedstryde in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskappe verloor het.

Die meer as 30 000 toeskouers by Loftus moes toekyk hoe ’n oorheersende Stormers uiteindelik die Bulls stelselmatig vermorsel het.

Lees KickOff.com se volledige wedstrydverslag

Hoewel die Stormers slegs 10-7 teen halftyd voorgeloop het, het ’n uitstekende tweede helfte die puntetelling baie laat klim.

Dit was reeds van vroeg in die wedstryd duidelik dat die skrums ’n titaniese stryd gaan wees. Eers is die Stormers se gebrek in die skrums gestraf, maar later kon hulle totale oorheersing oor ’n agttal uitoefen wat talle Bokke in gehad het.

Een van die hoogtepunte van die wedstryd is toe die Bulls-agsteman, Juandré Rudolf, ’n briljante 50:22-skop agter die oond uitgeskop het om vir die Bulls momentum naby die Stormers se doellyn te gee.

Dit is juis dié skop wat uiteindelik daartoe gelei het dat die Bulls se rolmaal met ’n strafdrie beloon, en Stormers se Ben-Jason Dixon met ’n geelkaart kantlyn toe gestuur is.

Die Stormers kon in die 30ste minuut gelykop kom toe Damian Willemse ’n briljante lyn hardloop, terug sny en deur die Bulls se verdediging breek om onder die pale te druk.

Stormers-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu se skopskoen het net voor rustyd ’n strafskop oorgeklits sodat die Stormers 10-7 kon voorloop.

Sterk verdediging deur die Stormers het die Bulls aan die begin van die tweede helfte gekeer om punte aan te teken om

Damian Willemse is as speler van die wedstryd beloon en het een van die Stormers se drieë gedruk. Paul de Villiers en Hacjivah Dayimani het die ander drieë gedruk.

Vir die Bulls is dit Zak Burger en Kurt-Lee Arendse wat die telbord besig gehou het toe hulle agter die doellyn gaan kuier het. Beide spanne is ook met ’n strafdrie beloon.

Later kon Stormers-flank Paul de Villiers deur ’n rolmaalbeweging oor die doellyn spat en daarna is dit ’n strafdrie wat die telling op 25-7 laat staan het.

Bulls-losskakel Handré Pollard.
Bulls-losskakel Handré Pollard. FOTO: Facebook.

’n Briljante samewerking tussen Zak Burger en Canan Moodie het die eersgenoemde onder die pale laat druk. Handré Pollard het die drie verdoel om in die 68ste minuut die telling op 25-14 in die Stormers se guns te laat staan.

Hoewel Bulls-vleuel Kurt-Lee Arendse in die doodsnikke van die wedstryd ’n indrukwekkende drie gedruk het, was dit Stormer Hacjivah Dayimani se drie ’n paar minute vantevore wat die wedstryd reeds in die Stormers se guns beklink het.

Damian Willemse is as speler van die wedstryd beloon en het een van die Stormers se drieë gedruk.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie