Swaar reën lê nog vir die hele Mei-maand voor

Die Wes-Kaap gaan tans gebuk onder stormweer.
Die Wes-Kaap gaan tans gebuk onder stormweer. Foto: Verskaf.

Terwyl veral die Wes-Kaap gebuk gaan onder erge storms, waarsku Michelle du Plessis, Vox se meteoroloog dat koeler weer as normaal nog voorlê.

“Vriesvlakke sal laag genoeg daal vir swaar sneeu om te val, veral oor dele van die Karoo en die hoogliggende dele van die Oos-Kaap, die suidelike Dra­kensberge en Lesotho. Daar is ’n moontlikheid van 20 cm sneeu tussen Loxton, Graaff-Reinet en Hanover.”

Sneeu word voorspel oor die suidelike gedeeltes van die Vrystaat, asook hoë bergpieke in die Wes-Kaap.

“In die tweede week van Mei het ons ’n sterk kouefront wat oor die Wes-Kaap beweeg en bo-gemiddelde reën bring vir die suidweste. In die derde week sien ons bo-gemiddelde reënval oor die sentrale gedeeltes van die land, asook oor dele van die Oos-Kaap en kusgebiede van KwaZulu-Natal. Die laaste week van Mei en eerste paar dae van Junie wys bo-gemiddelde reën vir die sentrale dele van die land, die Oos-Kaap, en KwaZulu-Natal.”

  • Lees meer oor wat talle kenners te sê het oor die stormweer in die nuutste uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie