SA aflosmans puik op wêreldverhoog

Akani Simbine en sy spanmaats het ’n nasionale 4x100m-rekord opgestel.
Akani Simbine en sy spanmaats het ’n nasionale 4x100m-rekord opgestel. Foto: Charmaine Visser.

Afrika het die aflos-stokkie vir die heel eerste keer met glans en sukses gedra en opnuut met die Wêreld-aflosbyeenkoms in Gaborone, Botswana, aan Wêreldatletiek en sy president, Sebastian Coe, bewys dat die vasteland met die beste kan meeding om byeenkomste op internasionale vlak aan te bied.

Akani Simbine, Mvuyo Moss, Cheswill Johnson en Bradley Nkoana was tweede in die mans 4×100 m – en dit in ’n nasionale rekordtyd van 37.49 sekondes.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie