Munisipaliteite het verlede week ’n belangrike les geleer, meen die ekonoom Dawie Roodt: “Steur jou net eenvoudig nie aan die nasionale tesourie nie en dan gaan hulle in elk geval uiteindelik betaal.”
Sy reaksie kom nadat Enoch Godongwana en Velenkosini Hlabisa, die ministers van onderskeidelik finansies en samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), verlede week aangekondig het die tesourie sal Vrydag die oorblywende gelykberegtigingstoelaes aan 49 munisipaliteite uitbetaal. Dit is ten spyte daarvan dat hulle steeds nie aan die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA) voldoen nie.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
