Die nasionale tesourie het tydelik R13,5 miljard se ekwitatiewe aandeel-oordragte van 69 munisipaliteite landwyd weerhou.
Enoch Godongwana, die minister van finansies, het Vrydag, 10 Julie, tydens ’n perskonferensie beklemtoon dat hierdie stap nie strafreg is nie, maar ’n regstellende maatreël om finansiële dissipline af te dwing en openbare fondse te beskerm.
Die besluit volg op jare se voortdurende en wetlike oortreding van die wet op munisipale finansiële bestuur (WOFB). Ten spyte van deurlopende ondersteuning en opleiding deur die Tesourie, het die munisipaliteite verskeie foute begaan onder andere onbefondse begrotings, onreëlmatige bestending, ensovoorts.

Watter munisipaliteite word geraak?
Die 69 geaffekteerde munisipaliteite is oor al nege provinsies versprei.
- Vrystaat: 16 munisipaliteite
- Noordwes: 12 munisipaliteite
- Noord-Kaap: 11 munisipaliteite
- Kwazulu-Natal: 7 munisipaliteite
- Gauteng en Oos-Kaap: 6 munisipaliteite elk
- Limpopo: 5 munisipaliteite
- Mpumulanga en Wes-Kaap: 3 munisipaliteite elk
LEES: Minister Enoch Godongwana: Remarks op decision to withhold equitable share transfers to 69 municipalities
Effek op dienslewering
Die tesourie het die publiek verseker dat hierdie maatreël nie basiese dienslewering sal ontwrig nie.
Munisipaliteite kry die grootste deel van hul operasionele fondse uit hul eie inkomste-invordering, soos belasting en tariewe.
Dié tydelike maatreël is eerder gerig op die administratiewe begrotingsgedeeltes om die druk op leierskap te plaas.
