Tim Cook gee die leisels van Apple ná 15 jaar oor

Tim Cook, sal in September as Apple se uitvoerende hoof uittree.
Tim Cook, sal in September as Apple se uitvoerende hoof uittree. Foto: Brendan Smialowski/AFP.

Die Amerikaanse tegnologiereus Apple sal altyd sinoniem wees met stigter Steve Jobs. Maar ná 15 aan die stuur van dié maatskappy is Tim Cook se aandeel in die sukses as’t ware onmiskenbaar.

Cook (65) sal deur John Ternus, ’n senior vise-president van hardeware-ingenieurswese, opgevolg word.

Daar is al ’n geruime tyd vrae wat in die lug hang oor wie Cook sou vervang, maar Maandag is daar klarigheid gegee toe hy gesê het hy sal in September uittree om uitvoerende voorsitter van die direksie te word.

“Dit was die grootste voorreg van my lewe om die uitvoerende hoof van Apple te wees en vertrou te word om so ’n buitengewone maatskappy te lei,” het Cook in ’n verklaring gesê.

Amerikaanse president, Donald Trump, wat ’n groot aanhanger van Cook is, het ’n huldeblyk aan hom gerig.

“Ek was baie beïndruk met myself dat die hoof van Apple my gebel het om ‘my te vlei’,” het Trump gesê.

Verlede jaar het Cook vir Trump ’n goue en glasbeeld tydens ’n vergadering geskenk en ’n bykomende belegging van $100 miljard (sowat R1,6 mijard) in Amerikaanse vervaardiging aangekondig.

In Oktober het Apple ook ingestem om ’n toepassing te verwyder wat Amerikaanse immigrasie-agente kon opspoor.

“Tim Cook het ’n uitsonderlike loopbaan gehad, byna ongeëwenaar,” het Trump bygevoeg.

Apple vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar, maar soos talle kere tevore is dit nie sonder struikelblokke as die maatskappy wil bly groei nie. Veral in die tyd van kunsmatige intelligensie.

“Ternus is nie ’n onverwagse keuse nie. Hy het ’n sterk agtergrond in hardeware-ingenieurswese, wat belangrik sal wees vir Appel se toekomstige KI-ontwikkeling,” het Kathleen Brooks, direkteur van navorsing by handelsplatform XTB, gesê.

“Daar is ook verwagting van nuwe Apple-produkte om hul aanbod te versterk, en daar is ’n mate van verwagting dat Ternus vinnig sy stempel op die maatskappy sal afdruk,” het sy bygevoeg.

LEES | British king pays tribute to ‘darling mama’ op late queen’s 100th birthday

Hoewel Cook Apple na nuwe kategorieë soos horlosies en AirPods gelei het, is hy nie bekend vir ’n enkele “groot ding” soos dié wat Jobs, met bv. die iPhone, gelewer het nie.

Onder Cook het Apple ook miljarde dollars bestee aan ’n projek vir ’n elektriese voertuig wat self kan bestuur wat eindelik in 2024 geskrap is.

’n Apple Maps-diens wat in 2012 bekendgestel is, was so vol foute dat Cook ’n self verskoning gepubliseer het.

“Apple maak ’n groot oorgang in sy KI-strategie en die vertrek van ’n langdurige en legendariese uitvoerende hoof soos Cook is ’n verrassing,” het Wedbush-ontleder Dan Ives gesê.

“Daar sal groot druk op Ternus wees om van die begin af sukses te lewer, veral op die KI-front.”

  • Artikel verwerk van AFP.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie