Twee van die drie werkers wat Sisisi Tolashe, die omstrede en nou afgedankte minister van maatskaplike ontwikkeling, glo van hul salarisse besteel het, is familie van Tolashe.
Die voormalige staatsamptenaar wat Tolashe se beweerde korrupsie bekend gemaak het, het in ’n eksklusiewe onderhoud aan Die Papier gesê al drie die werkers is van die Oos-Kaap.
Die amptenaar, wie se naam weerhou word om haar identiteit te beskerm, het voorheen in Tolashe se kantoor gewerk: toe Tolashe adjunkminister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede was en weer toe sy as minister van maatskaplike ontwikkeling gedien het.
- Lees hierdie volledige artikel in die jongste uitgawe van Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur ’n e-pos te stuur aan diepapierintekening@onthedot.co.za of skakel 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
