Menslike oorskot by informele nedersetting in Hermanus gevind

Die Hermanus-polisie ondersoek die omstandighede rondom die ontdekking van menslike oorskot by ’n informele nedersetting. Foto: Land Party/Facebook
Die Hermanus-polisie ondersoek die omstandighede rondom die ontdekking van menslike oorskot by ’n informele nedersetting. Foto: Land Party/Facebook

Werkers wat besig was met opruimingswerk ná die verwoestende storms in Hermanus in die Wes-Kaap, het Donderdag menslike oorskot in ’n informele nedersetting ontdek.

Die ontdekking is gemaak terwyl spanne puin en rommel in die gebied verwyder het ná die swaar reën en sterk wind wat verlede week groot skade in dele van die Overberg-distrik veroorsaak het. Die polisie en forensiese dienste is daarna na die toneel ontbied om ondersoek in te stel.

Owerhede het nog nie die identiteit van die persoon bekend gemaak nie, en dit is ook nog nie duidelik hoe lank die oorskot daar was nie.

Die Hermanus-polisie ondersoek die omstandighede rondom die ontdekking en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Plaaslike rampbestuurspanne en munisipale werkers is die afgelope week besig met grootskaalse skoonmaak- en herstelwerk nadat die storms verskeie dorpe in die Overberg sonder krag en water gelaat het. Huise, paaie en ander infrastruktuur het ook skade opgedoen.

Lees die volledige artikel en ander nuus uit die Overberg hier.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie