Vandag in die nuus

Lions-heelagter Quan Horn.
Lions-heelagter Quan Horn. Foto: Anton Geyser/Gallo Images.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 16 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Springbokke: Junior Bok-kaptein Riley Norton en stut Carlü Sadie ingesluit in beginspan wat Saterdag teen die Barbarians uitdraf, en Rassie verras met Lions-heelagter Quan Horn op losskakel.
  • Outa het hul stem by ander burgerlike regsgroepe en sakekamers gevoeg deur met regstappe die Johannesburgse metro te dwing om tasbare bewyse van ’n skuld-ooreenkoms met Eskom te eis en sê daar moet gevolge wees vir die wanbestuur van fondse in dié metro.
  • Madlanga-kommissie: Ebrahim Kadwa, hoof van die Valke in Gauteng, is geskors nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die skade aan die Valke se beeld berokken het, en is van verlede week af geldig.
Stut Carlü Sadie sal in die Springbokke se beginspan Saterdag speel.
Stut Carlü Sadie sal in die Springbokke se beginspan Saterdag speel.
  • KwaZulu-Natal-premier, Thami Ntuli, het gesê die toenemende aantal Malawiese burgers wat by die Sherwood Hall-terrein in Durban vasgesit is, is ’n humanitêre krisis wat groter word by die dag.
  • Italianer Andrea Piardi sal vir die 4de jaar in ’n ry die VRK-eindstryd die fluitjie blaas, dié keer weer tussen die Bulls en Leinster in Ierland soos verlede jaar.
  • Politieke partye in die Parlement plaas toenemende druk op die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om president Cyril Ramaphosa se poging om die staat van beskuldiging teen hom te keer, met ActionSA wat nou hul stem by ATM en EFF gevoeg het.
Nasionale Vergadering-speaker, Thoko Didiza.
Nasionale Vergadering-speaker, Thoko Didiza Foto: GCIS.
  • Mike van Wyk, Medicare24 se uitvoerende hoof, sal volgende week voor die Madlanga-kommissie moet verskyn en onder andere vrae beantwoord oor verbintenis met Vusimuzi ‘Cat’ Matlala.
  • Antoinette Sithole, die suster van die vermoorde anti-apartheid-studenteaktivis Hector Pieterson, het ’n beroep op jongmense gedoen om nie hoop in hul omstandighede te verloor nie.
  • 8 mense is dood en 1 persoon beseer ná ’n minibustaxi in ’n gru-ongeluk met ’n vragmotor op die N4-hoofweg in Mpumalanga gebots het.
  • Pres. Cyril Ramaphosa se hofaansoek om die werk te stuit van die komitee wat ’n staat van beskuldiging teen hom moet begin, sal op 15 en 16 Julie in die hof aangehoor word.

Oorsee

  • ‘Ons belê g’n geld in Iran nie,’ het VSA-pres. Donald Trump by die G7-beraad in Frankryk benadruk en bygevoeg dat die hoofdoel van die vredesooreenkoms is dat Iran nie ’n kernwapen sal bekom nie, en dat ‘die hel’ oor die land sal ‘reën’ indien dit wel gebeur.
  • Iran se hoofonderhandelaar, Mohammad Bagher Ghalibaf, sal die ondertekening in Switserland van die vredesooreenkoms wat die oorlog met die VSA beëindig, self bywoon.
VSA-pres. Donald Trump.
VSA-pres. Donald Trump. Foto: AFP.
  • Familie van sanger Bonnie Tyler (75) het laat weet dat sy uit ’n koma gekom het ná ’n noodoperasie verlede maand: ‘Haar dokters bly vol vertroue dat sy ’n goeie herstel sal maak, maar dit gaan tyd neem’.
  • 8 mense is dood toe ’n Amerikaanse B-52-bomwerper kort ná dit opstyg het by ’n lugmagbasis in Kalifornië neergestort en in ’n katastrofiese brand uitgebars het.
  • China se kleinhandelverkope het verlede maand vir die 1ste keer in meer as 3 jaar gedaal, terwyl die leiers van die wêreld se 2de grootste ekonomie sukkel om binnelandse verbruikersbesteding weer aan die gang te kry.
  • ’n Aardbewing wat 6,7 op die Richterskaal gemeet het, het sentraal-Indonesië getref, maar geen onmiddellike berigte van sterftes of skade is aangemeld nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie