Vandag in die nuus

Feroz Khan. Foto: Facebook
Feroz Khan. Foto: Facebook

Hier is die hoofnuus wat vandag, 27 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Ramaphosa-vervolging: EFF dien mosie van wantroue by adjunkspeaker van NV in, vra dat Thoko Didiza as speaker verwyder word
  • Medicare24-korrupsiesaak: Lysie kan na verwagting nog langer word met nuwe name, bykomende aanklagte ook moontlik vir huidige beskuldigdes
  • Betogers, waarvan die meeste vroue, teen onwettige immigrante bots met polisie in Parklands naby Kaapstad oor die dra van kieries, knopkieries en stokke
  • Genl.maj. Feroz Khan, 2de in bevel van SA-misdaadintelligensie, sal Woensdag voor Madlanga-kommissie verskyn
  • Carol Gower (64) van KuGompo City (voorheen Oos-Londen) in hof op verskeie aanklagte van bedrog van tussen R500 000-R600 000, ontken skuld op aanklagte
  • SAA oorweeg lyfwagte vir amptenare oor bewerings van misdaadsindikaat in SAA Technical bedrywig
  • Onreëlmatig geregistreerde SIM-kaarte word met ernstige misdade verbind, nuwe stappe maak einde aan maklike pad om voorafgeregistreerde SIM-kaarte in SA te bekom
  • ’n Burgerlike beweging #VatsongaMachangani hoop SAMRK gee aandag aan hul kommer oor veiligheid van Tsonga-sprekendes te midde van toenemende betogings regoor SA teen onwettige immigrasie
  • “Ek wil Suid-Afrikaners verseker dat ek in Johannesburg sal regeer. Ek sal nie eens toelaat dat ’n enkele ongedokumenteerde immigrant in die stad woon nie en geen buitelandse burger sal ’n spaza-winkel besit nie,” – Herman Mashaba
  • Verbruikers vermaan om waaksaam te bly teen smokkelgoedere en vervalste voedselprodukte ná polisie op onwettige alkohol en vervalste heuning tydens ’n driedaagse blitsoperasie in Gauteng beslag gelê het
  • Verskeie Malawiese burgers buite Malawi-konsulaat in Sandton om hulp te vra vir vervoer terug na Malawi

Internasionaal

  • Vincent Koch teken drie aan vir Barbarians, rustydtelling 5-14 in Wallis se guns
  • Internetsensasie, maar ouetehuis keelvol vir 96-jarige partytjiedier Lillian Droniak se eskapades en raserige “gesellighede”, dreig om haar uit te skop
  • Donderstorms verdryf hittegolf, maar lei tot byna 6-uur lange vertragings van meer as 600 vlugte van en na Heathrow- & Gatwick in Londen, talle vlugte gekanselleer
  • Iran beskuldig VSA van brutale skending van vredesooreenkoms nadat Amerikaners glo uit weerwraak teen hommeltuigaanvalle in Straat van Hormoes aanvalle op Iran geloods het
  • Meer as 13 000 huise in Queensland, Australië, sonder krag ná mislukte poging om koper te steel brand by kragsubstasie suid van Brisbane veroorsaak
  • #JeffreyEpstein Miljardêr en belegger Leon Black verlaat geslote verhoor oor oorlede seksoortreder ná hy weier om vrae oor geheimhoudingsooreenkomste te beantwoord
  • o. 20-Wêreldkampioenskap: Argentinië verpletter VSA 78-14, Skotland klop Italië 38-32
  • Die appels het wild geswaai toe opposisielede in Georgië-parlement slaags geraak het tydens premier Irakli Kobakhidze se toespraak
  • Samewerking tussen VSA- en Somaliese intelligensiedienste lei tot arres van Abdikerm Abdelahi Eidleh (42), een van 47 wat in 2022 aangekla is van bedrog van sowat $250 miljoen wat kindervoedingsprogram uitgebuit het
  • Senegal eerste Afrika-land wat 5 doele in WB aanteken, Iran droëbek met geen doele in dieselfde wedstryd aangeteken nie
  • Stormskade: Meer as 3 000 kragonderbrekings aangemeld ná oorstromings en grondstortings in Nieu-Seeland
  • Klein eiland met groot hart maak geskiedenis! Kaap Verde kwalifiseer vir uitklopfase van 2026 WB na 0-0-uitslag teen Saoedi-Arabië
  • Die dodetal weens twee aardbewings in Venezuela het tot 920 gestyg, terwyl tienduisende mense as vermis aangemeld is en internasionale reddingspanne die desperate soektog na oorlewendes versterk het
  • Wêreldbeker-sokker tot Saterdagoggend: Noorweë val 4-1 vas teen Frankryk, Senegal klop Irak 5-0, Uruguay verloor 0-1 teen Spanje, Kaap Verde en Saoedi-Arabië speel 0-0 gelykop, België wen Nieu-Seeland 5-1 en Egipte speel 1-1 gelykop met Iran
  • Warm, warmer, Europa! Volgens AFP-ontleding sal minstens 193 miljoen mense in Europe Saterdag temperature van bo 35 °C ervaar
  • Israel het geklassifiseerde dokumente vrygestel oor gewaagde 1976-reddingstog toe 103 gyselaars op Entebbe-lughawe, Uganda, bevry is ná hul vlug van Tel Aviv na Parys gekaap is
  • Amerika het opnuut aanvalle op Iran geloods ná Trump Teheran beskuldig van hommeltuigaanvalle op vragskip in Straat van Hormoes
  • Dissiplinêre ondersoek en moontlike sanksies deur FIFA wink dalk vir SAFA ná Bafana se luidrugtige optrede in gemengde sone na afloop van wedstryd teen S-Korea
  • Simon Peter Carman (45) in hegtenis geneem ná naakte lyk van 17-jarige in swart tas in Thailand gevind is
  • Akteur Michael J. Fox ontvang Kanada se hoogste burgerlike eerbewys vir Hollywood-sukses en voorspraak vir Parkinson se siekte-lyers

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie