Vandag in die nuus

DA-lede buite die Germiston-polisiestasie.
DA-lede buite die Germiston-polisiestasie. Foto: Shanell Binedell.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 1 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Die DA het strafregtelike klagte indien teen die voormalige stadsbestuurder van Ekurhuleni, Imogen Mashazi, wat beskuldig word dat sy voordeel getrek het uit ’n luukse reis in 2022 wat glo deur maatskappye wat sake met die metro doen, gefinansier is.
  • DA se Helen Zille beweer dat kleiner partye omgekoop is om teen die voormalige burgemeester van Johannesburg, dr. Mpho Phalatse, te stem toe sy in 2023 in ’n mosie van wantroue verwyder is.
  • Phalatse het die bewerings bevestig dat geld aan stadsraadslede betaal is om haar uit haar amp te verwyder ná sy in Oktober 2022 ’n saak teen die Johannesburg Eiendomsmaatskappy by die Hillbrow-polisiestasie aanhangig gemaak het.
Liam Jacobs het weer by die DA aangesluit.
Liam Jacobs het weer by die DA aangesluit. Foto: Facebook.
  • Voormalige DA-LP, Liam Jacobs, wat verlede jaar by die Patriotic Alliance aangesluit het, keer terug na die DA.
  • Operasie Shanela: 15 222 verdagtes is in hegtenis geneem, insluitend 2 462 gesoekte individue vir ernstige misdade. Dwelms ter waarde van byna R1 miljard, R11 miljoen se dagga, en 125 onwettige en ongelisensieerde vuurwapens is binne ’n week in beslag geneem.
  • Pres. Cyril Ramaphosa sê SA moet Bafana Bafana ondersteun, midde-in die visum-drama: ‘Ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om agter ons span te staan en hul ondersteuning te wys. Laat ons die span se kleure dra en die vlag wapper’
  • Makashule Gana, ’n LP van Rise Mzansi, is die voorsitter van die Phala Phala-aanklagkomitee wat pres. Cyril Ramaphosa sal ondersoek.
Fannie Nkosi
Fannie Nkosi.
  • Die uitspraak oor geskorste sers. Fannie Nkosi se borgappèl sal op 3 Junie by die hooggeregshof in Pretoria gelewer word.
  • Ervare offisier Karl Sander beskuldig hoof van die Valke in KZN, genl.maj. Lesetja Senona, daarvan dat hy vals aanklagte gebruik het om Sander te verhinder om sy werk te doen deur hom na kantoorwerk te verplaas.
  • Petrolprys-pyn! Petrol sal Woensdag R1,43 per liter duurder wees, maar die dieselprys val darem met R2,62 en R3,25 per liter.
  • Brandstofheffing word egter verlaag met R1,50 per liter vir petrol en R1,96 vir diesel en dié verligting sal in Julie heeltemal wegval.

Oorsee

  • Israel se minister van verdediging, Israel Katz, sê daar sal ‘g’n kalmte in Beiroet’ wees indien Hezbollah se aanvalle voortduur nie, en belowe om ’n militêr-beheerde sone in die gebied van Suid-Libanon se Litani-rivier te vestig.
  • Die Libanese president, Joseph Aoun, sê sy land staar ’n ‘wrede en verwerplike Israeliese aggressie’ in die gesig nadat Israel die Middeleeuse Beaufort-kasteel ingeval en oorgeneem het.
Benjamin Netanyahu, Israelse premier, en pres. Donald Trump van Amerika in Washington, D.C., in September verlede jaar.
Benjamin Netanyahu, Israelse premier, en pres. Donald Trump van Amerika in Washington, D.C., in September verlede jaar. Foto: Andrew Caballero-
Reynolds, AFP.
  • Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, sê hy het nuwe aanvalle op die suidelike voorstede van Beirut, Libanon, beveel.
  • Goeie nuus! 5 pasiënte het herstel van die nuwe Ebola-uitbreking in die DRK en is uit die hospitaal ontslaan.
  • Rusland het meer as 8 000 langafstandhommeltuie in Mei op die Oekraïne afgevuur, wat ’n nuwe rekordgetal is.
  • Japan se minister van verdediging, Shinjiro Koizumi, het beskuldigings van China oor ‘nuwe militarisme’ verwerp en gevra vir gesprekke om die dooiepunt te verbreek in die ernstigste geskil tussen die twee lande in meer as ’n dekade.
  • ’n Ontploffing by ’n aanleg wat deur die Suid-Koreaanse verdedigingsmaatskappy Hanwha Aerospace bedryf word, het Maandag vyf mense doodgemaak.
  • Polisie in die Filippyne het ’n wetgewer, Jose Estrada, in hegtenis geneem oor ’n multi-miljard-dollar korrupsieskandaal met oorstromingsprojekte.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie