Voormalige polisieman aangekla oor drievoudige moord in Kaapse hospitaal

Misdaad
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het ’n formele akte van beskuldiging teen Jean-Paul Malgas, ’n voormalige polisieman, uitgereik in verband met die moorde op ’n polisiekonstabel en twee pasiënte by die New Somerset-hospitaal in Kaapstad in Mei 2022.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, bevat die akte tien aanklagte, waaronder drie van moord, een van poging tot moord, twee van poging tot roof. asook ’n aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van ’n vuurwapen, ammunisie en ’n gevaarlike wapen.

Jean-Paul Malgas tydens ’n vroeëre verskyning.
Jean-Paul Malgas tydens ’n vroeëre verskyning

Voorval het by Hopefield begin

Die gebeure het op 5 Mei 2022 by die Hopefield-polisiekantoor begin toe Malgas ’n vermiste kind wou aanmeld. Volgens die staat het hy ’n polisielid met ’n mes gesteek voordat hy deur ’n kollega gewond is. Hy is daarna na die Vredenburg Provinsiale hospitaal en later na die New Somerset-hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.

Twee dae later het hy na bewering ’n polisielid se dienspistool afgeneem, Donay Delano Phillips, ’n konstabel, noodlottig geskiet en daarna twee pasiënte, Liami Frankshwa Eckelton en Geret Carolus, doodgeskiet.

’n Verpleegster het hom uiteindelik oorreed om die vuurwapen neer te lê, waarna hy in hegtenis geneem is.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos